Ierland 2002

Ons besoek Ierland om 'n ou skoolvriend se troue in Dublin by te woon. Die week voor die troue doen ek en Nicol 'n "road trip" en ontdek die suid-weste van diť pikante eiland.

 

Malahide, Dublin

 

Ons eerste aand in Ierland spandeer ons in Malahide, 'n Noord-Dublin voorstad naby die lughawe. Die eerste foto is 'n uitsig oor die hawe en sentrale besigheidsarea van Malahide. Ons het die aand daar Írens gaan eet. Die tweede foto is die San Juan Gastehuis, waar ons tuisgegaan het.

 

Kilkenny, Co. Kilkenny

Ons spring vroeg die volgende oggend in die pad en ons "road trip" begin. Ons eerste stop was Kilkenny, Ī 120km suid-wes van Dublin.

Kilkenny Kasteel

 

The Widow's Pub: my eerste Kilkenny bier in Kilkenny

 

Cork, Co. Cork

Cork is ongeveer 250km suid van Dublin en was ons tweede stop. Die reŽn sak uit, maar stuit ons nie juis om die stad te verken nie.

 

Nicol voor een van talle pubs in Cork

 

Strate van Cork

 

Kinsale, Co.Cork

Ons eerste dag eindig in hierdie pragtige dorpie, ongeveer 30km suidwes van Cork. 

Soos duidelik op die foto's, was dit 'n ongelooflike mooi aand. Die eerste twee foto's is ons mooiste foto's van die hele trip, bloot te wyte aan die weer wat saamgespeel het! Dit is van die hawe afgeneem en dit was al byna 8 uur die aand. VroeŽr het ons heerlike vis en chips op die kaai geŽet het.

 

Die kalmte na die storm

 

Ons gaan tuis in die Kinsale Arms gastehuis, in die hartjie van Kinsale. Die eienaar besit ook die koffiewinkel langsaan, Caffe 55, waar ons die volgende oggend geŽet het.

 

Die strate van Kinsale

 

Die "muur met die gat in"...net buite Kinsale. 

Die van julle wat nie die storie van die "muur met die gat in" ken nie, moet maar kom kuier dat ons julle kan vertel!

 

1