Ierland - Dag 2

Dag 2: Kinsale na Glengarriff via Timoleague en Clonakilty en vandaar via Skibbereen na Glengarriff waar ons die aand oorslaap. 

 

Timoleague

20km wes van Kinsale is hierdie dorpie, bekend vir sy mid-13de-eeuse "Fransiscan abbey". Dit is lank reeds nie meer in gebruik nie (het geen dak nie!), maar is tot onlangs as begraafplaas benut.

 

Glengarriff, Co. Kerry

Glengarriff beteken "rugged glen" en vertoon buitengewone plantegroei weens die warm seestroom, hier floreer 'n wye verskeidenheid suptropiese plante.

 

Bayview B & B - uitsig uit ons kamer!

 

Garinish Eiland

Bote vertrek byna uurliks vanaf Glengarriff na Garinish eiland, ongeveer 10 minute van die kuslyn af. Hier is pragtige formele tuine en talle rare subtropiese plante. Ook goeie uitsigte terug na die vasteland.

 

Bootrit na Garinish eiland

 

Uitsig na die vasteland vanaf die eiland

 

Italiaanse tuin op Garinish Eiland

 

Tuine van Garinish Eiland

 

 

By een van die talle rhododendrons op die eiland

 

Terug in Glengarriff, eet ons die aand in Johnny Barry's Pub - heerlike Ierse "boerekos"

 

 

1