Ierland - Dag 4

Dag 4: Ballybunion na Doolin via Cliffs of Moher. Ons verken County Clare, bekend vir twee van Ierland se unieke natuurverskynsels: die Cliffs of Moher en die landskap bekend as "the Burren". 

 

Ferry: Tarbert - Kilrush

Die Ferry oor die Shannon rivier is 'n kortpad na Wes-Ierland.

 

Kilkee, Co. Clare

Ongeveer 12 km wes van Kilrush is Kilkee. Net buite die dorpie het ons 'n "scenic drive" geneem en met dramatiese kustonele kennis gemaak.

 

Cliffs of Moher, Co. Clare

Die hoogtepunt van die dag en die vakansie! Die kranse van Moher rys vertikaal uit die see, op plekke so hoog as 710voet en strek oor 8km allangs die kuslyn - sekerlik een van Ierland se asemrowendste natuurverskynsels. 

 

Op die rand van die afgrond!

 

Ons het dit tot hier gemaak...en wat 'n onvergeetlike belewenis!

 

Doolin, Co. Clare

Diť pikante dorpie bestaan byna net uit B & B's, pubs en restaurante met 'n paar winkeltjies wat souvenirs en tradisionele Ierse musiek verkoop. Daar is al gesÍ dat Doolin drie van die beste pubs vir tradisionele musiek in Ierland het.

 

Tekens van "The Burren" (Iers vir "a rocky place") op Doolin se kuslyn

 

Atlantic View gastehuis, Doolin 

Uitsig uit ons kamervenster; die kranse in die verte is die Cliffs of Moher

 

Teetyd in die sitkamer

 

Breakfast with a view!

 

O'Connor's Pub, Doolin

 

 

 

1