YOSEMITE NATIONAL PARK

Foto's van ons besoek aan Yosemite Desember 2001

Half Dome & El Capitan

Winter in Yosemite Valley

Photographic walk

Ons eerste oggend het begin met 'n fotografie uitstappie. Hierdie uitstappies word gratis aangebied deur professionele fotograwe wat in Yosemite werk. Dit is 'n 2 uur uitstappie waartydens die fotograaf die groep na verskeie "photo spots" toe neem en dan insig aanbied oor hoe om beter foto's te neem. Ek en Nicol geniet dit baie, want ons leer altyd iets, sien nuwe plekke in die park en ontmoet nuwe mense. 

Half Dome in die mis

Half Dome is Yosemite se mees kenmerkende monument met 'n hoogte van 8842 voet. 

Yosemite Falls

Yosemite Falls is eintlik drie watervalle wat saam die vyfde hoogste waterval in die wereld maak.

Hierdie foto is van die voet van die waterval geneem. 

Bridle veil Fall

Hierdie waterval vertoon klein teen die omringende kranse maar is egter 62 verdiepings hoog. 

El Capitan

Nadat dit die hele oggend gereŽn het, was die verskyning van die son so teen 14h00 'n ware fees vir ons...dit was besonder mooi met die mis wat nog daar was en die son op die granietrotse.   

El Capitan is 3593 voet vanaf basis tot piek. 

Upper Yosemite Fall 

 Hierdie foto is geneem in die parkade voor Yosemite Lodge waar ons tuisgegaan het. 

Ons eerste aand in Yosemite Lodge. Ons klink 'n glasie op Yosemite, een van ons gunsteling plekke op aarde.

Penderosa Dennebome wat volop in die Yosemite Vallei groei.

Met ons eerste besoek aan Yosemite was ons so oorweldig deur die rotsstrukture dat ons skaars die vele ander natuurskoonhede opgemerk het . Met hierdie besoek het ons egter meer tyd gehad om ook die bome, diere, voŽls en die rivier te beleef. Daar is 37 tipes inheemse bome in die park, waaronder California Black Oak, Incense Cedars, Giant Sequoias en Penderosa Dennebome.    

Yosemite Vallei met El Capitan (links) en Bridle Veil Fall (regs)

 

Mirror Lake

Die reŽn kon ons nie onderkry nie - ons tweede dag in Yosemite het ons met sambrele en poncho's die Mirror Lake staproete aangepak.  Nicol het ziplock sakkies met rekkies om die kamera gebind en 2 films in die reŽn geskiet! Dit was koud en nat, Mirror lake was geen "mirror" nie (dit was heeltemal gevries) maar nietemin het ons 'n onvergeetlike avontuur gehad.

Yosemite Chapel

 

Nicol op een van die talle bruggies oor die Merced Rivier op ons laaste oggend in Yosemite.   

 

BADGER PASS, YOSEMITE 

Groot was my opwinding toe ons in Badger Pass stop en dit sneeu!

Badger Pass is omtrent 40 minute se ry vanaf die Yosemite Vallei en is KaliforieŽ se oorspronklike ski area. Ons het nie geski nie, maar wel rondgestap in 'n dennewoud en heerlik in die sneeu gespeel...dit was ons eerste belewenis van sneeu ooit en GROOT PRET!!!

In Badger Pass tydens 'n sneeuval. Op plekke het ons tot by ons heupe in die sneeu ingetrap en ons spiere was die volgende dag styf - harde werk om in die sneeu te stap! 

 

Hierdie jong denneboompie kry swaar onder die massa sneeu wat al op sy takke lÍ.

Ons Iglo in sy beginstadium...

En later was daar plek vir ons albei.

 

Kniediep in die sneeu...

en 'n sneeu-engel.

 

TERUG IN YOSEMITE VALLEI

Curry Camp ysskaatsbaan.

Dit was vir my 'n droom wat bewaarheid word en groot pret!

1